Die werke van PJO oud-student Marieke Kruger is onlangs bekroon deurdat sy die tweede prys gedeel het in die Internasionale Celeste Kunsprys in die Skilder en Teken kategorie in Milan. Nadat sy haar MA in Skone Kunste in 2014 by die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, beplan sy nou haar Doktorsgraad aan UNISA. Sy is nie net ‘n suksesvolle kunstenaar en akademikus nie, maar is ook ‘n onderwyseres in drukkuns en teken by die Jack Meyer Kunssentrum in die Paarl waar sy woonagtig is. Sy lewer ook ‘n verdere bydrae tot haar onmiddellike gemeenskap deur haar betrokkenheid by die Vryheid Drakenstein Korreksionele Fasiliteit waar sy kunsprojekte met geselekteerde gevangenes, met die oog op loopbaanontwikkeling, fasiliteer. Kyk op http://mariekekruger.com/ vir meer omtrent Marieke se loopbaan.
http://mariekekruger.com/work-item/641/
https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20161126/282381219150377