VISUELE KUNSTE – SKILDERKUNS

Skilder is ‘n vorm van skeppende uitdrukking waardeur verf op ‘n oppervlak aangewend word. ‘n Eksperimentele benadering word aangemoedig deur die gebruik van ‘n verskeidenheid skildermedia en oppervlaktes. Skilder kan ‘n ekspressiewe daad wees, dit kan verhalend wees, dit kan ‘n abstraksie wees of dit kan ‘n ondervinding in waarneming wees. Ons streef daarna om vir leerders die geleentheid te skep om hul unieke oogpunte te weerspieël en so nuwe ervaringe in hul skilderye vas te vang.

Graad 10: Leerders word bekend gestel aan die gebruik van akrielverf as ‘n medium met ‘n fokus op die formele elemente as deel van elke projek.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om ‘n benadering te volg wat meer eksperimenteel is ten opsigte van die onderwerp en die gebruik van verfmateriaal.

Graad 12: Leerders moet selfvertroue toon in die aanwending van verf en die moet die ekspressiewe moontlikhede van skilder as medium verken. Hulle moet ‘n individuele en konseptuele benadering tot hul onderwerpe ontwikkel.