In Teken moet leerders tegniese sowel as konseptuele vaardighede aanleer om ‘n oorspronklike styl en visie te ontwikkel. Die vak word verder beskou as ‘n goeie basis vir ‘n verskeidenheid kunskursusse wat op tersiêre vlak gevolg kan word.
Graad 10: Leerders fokus hoofsaaklik op tegnieke met tradisionele media soos potlood en houtskool, en leer ‘n verskeidenheid waarnemings- en komposisiestrategieë aan. ‘n Hoë graad van realisme is deurgaans die doelwit.
Graad 11: Daar word van leerders verwag om die simboliese potensiaal van beelde in ag te neem en te leer hoe om bronmateriaal te verwerk tot ‘n oorspronklike beeld van hul eie, om sodoende dieper betekenis aan hul werk te gee. ’n Meer eksperimentele benadering word met media en tegniek gebruik en minder bekende media word bekendgestel.
Graad 12: Leerders behoort ‘n hoë mate van tegniese vaardigheid in ‘n aantal media te hê en kan kies om op ‘n gunsteling medium te fokus vir die bou van hul matriekwerk. Daar word verwag dat hulle ‘n individualistiese benadering tot onderwerp en styl ontwikkel.