Skip to main content

Film fotografie is al vir heelwat meer jare in gebruik as digitale fotografie en dus is die gehalte van film, in sommige aspekte onoortreflik. Om in film te skiet neem fotograwe terug na die wortels van fotografie en gee hulle waardering vir ons modern ekwivalente.

Die doel van die fotografiekursus is om leerders se kreatiewe denke en tegniese vermoëns te ontwikkel deur hulle aan verskeie tegnieke en metodes bloot te stel. Die ontwikkeling van visuele geletterdheid is ‘n proses wat deur die hele kursus voortgesit word.

Graad 10: Leerders word blootgestel aan die beginsels van swart en wit fotografie en donkerkamertegnologie, soos die speldgaatjiekamera, fotogramme en handgemaakte negatiewes. Hulle word ook aan die 35mm kamera, die ontwikkeling van film en druk van fotos bekendgestel.

Graad 11: Leerders ontwikkel verdere vaardighede rakende die ontwikkeling en druk van swart en wit film en die formele kunselemente van fotografie. Meer klem word op die inhoud van die fotos geplaas.

Graad 12: Leerders word aangemoedig om meer onafhanklik te werk en om ‘n persoonlike en kreatiewe benadering tot media, tegnieke en die inhoud van hul werk toe te pas.