Die Kunssentrum PJ Olivier vorm 'n integrale deel van die Stellenbosch-gemeenskap ten opsigte van Kunsopvoeding.
Ons is daartoe verbind om die beste moontlike Kunsopvoeding aan ons leerders te verskaf en om die baie goeie reputasie wat die Kunssentrum deur geïnspireerde onderrig, harde werk en leierskap oor 70 jaar verwerf het, te behou.