Skip to main content

Juweliersontwerp verwys na een van die vroegste vorms van persoonlike dekorasie. Dit is tipies klein ornamente wat gedra word vir persoonlike versiering. Hierdie nuwe kursus se doelwit is om vir leerders ontwerp- en tegniese vermoëns in verskillende metaaltegnieke en met alternatiewe materiale, aan te leer.

Graad 10: Leerders word basiese beginsels van teken, ontwerp- en juweliersvervaardiging geleer. Basiese tradisionele juwelierstegnieke soos saag, smelt, boor, vyl, soldeer en polering word aangeleer deur die gebruik van koper en silwer as medium. Studente verken verskillende media soos metaal, krale, papier, hout, plastiek en leer hoe om oorspronklik en unieke ontwerpe daarmee te integreer. Deur teken en die persoonlike interpretasie van verskillende gekose konsepte, word studente aangemoedig om hul eie ontwerpoplossings vir hul finale produkte te skep.

Graad 11: Leerders ontwikkel verdere vaardighede aangaande tegniese metaaltegnieke soos die montering van edelstene. Hulle word gemotiveer om persoonlike ontwerpe en hul nuutgevonde kennis en tegnieke te integrereer.

Graad 12: Leerders word aangemoedig om ‘n onafhanklike reeks juweliersware te maak wat gesamentlik die leerervarings met betrekking tot media, ontwerp, tegnieke en inhoud ten toon te stel. Daar word verwag om voort te bou op hul ontwerpvermoëns en hul idees te konseptualiseer.