Skip to main content

Beeldhou kan omskryf word as ‘n drie-dimensionele kunswerk wat geskep word deur die vorming of kombinering van materiale soos harde plastiek, hout, sement en klei. Beeldhou vereis ‘n analitiese kennis van ruimtelike aspekte wat aangeleer word deur van die werklikheid af te teken. Tekenkuns vorm dus ‘n belangrike deel van beeldhou-analise. Leerders word aangemoedig om te teken vir inspirasie en om hierdie werke te gebruik as verwysings vir toekomstige beeldhouwerke.

Graad 10: Leerders word aan ‘n verskeidenheid media bekend gestel. Die kursus fokus op die verkenning van drie-dimensionele ruimte en die verwerwing van die nodige tegniese en waarnemingsvaardighede.

Graad 11: Daar word van leerders verwag om inhoud en tegniek te begin integreer.

Graad 12: Daar word van leerders verwag om ‘n persoonlike interpretasie van projekte te bewys. Onafhanklike denke word aangemoedig.