Drukkuns is die proses om kunswerke te maak deur ink te druk of oor te dra na papier vanaf ‘n ‘plaat’. Die proses is in staat om veelvuldige kopieë van ‘n enkele beeld te produseer, wat ‘n afdruk genoem word. Afdrukke word gemaak van ‘n ‘plaat’ wat van baie verskillende materiale gemaak kan word, soos hout, transpirante, koperplate, linoleum en karton. Ons gebruik hoofsaaklik twee basiese kategorieë van drukwerk: Reliëfdruk (ink word met ‘n roller op die oppervlak van die plaat aangebring) en Intaglio (ink word aangewend in die lyne wat op die plaat gekrap word).
Graad 10: Leerders word hoofsaaklik bekendgestel aan tegnieke soos monodruk, lino-drukwerk, kollografie en droënaald-ets. ‘n Kombinasie van collage- en drukprosesse word bekendgestel. Leerders word ook begelei om ander kunstegnieke in hul projekte te integreer.
Graad 11: Leerders se tegniese en konseptualiseringsvaardighede word verder ontwikkel.
Graad 12: Leerders word aangemoedig om in spesifieke drukmaaktegnieke te spesialiseer. Tegniese aspekte en konsepontwikkeling word geassesseer.