Skip to main content

MARIEKE KRUGER
“Hou nooit eintlik veel daarvan om oor my werk of myself te praat nie (voel vir my n bietjie soos “stripping yourself for an audience…”), maar die hele bemarkings storie is nou maar net prostitusie dink ek…..regtig nie lekker nie, want mense neem dit soms op as arrogansie etc etc, maar ek het geleer, dis al manier om te survive in die fine arts….en dan natuurlik die konstante “bungie jumping” stuff waar mens jouself “by die cliff afgooi” en maar net vertrou dat daar van erens af n deur sal oopgaan en jy jou nie te pletter sal val nie…. Nou ja, dit is n tipe opsomming van my ervaring van my artistic career….heeltyd n kwessie van “feast of famine..”, “exhiliration en agony”, “thankfulness versus lamentations..”, maar ek love elke oomblik en kan nie daarsonder lewe nie…. (soos Judith Mason te kenne gee…..”to be an artist, you need talent and longing….but above all, longing….longing, I think, that is the thing.”) Ek dink mens weet maar net in jou binneste wese dat om te create iets is wat mens n sense of “well-being”, “contentment” en “happiness” gee soos niks anders wat ek nog ervaar het nie. En ja, dis hoe dit vir my was van my Graad 10 tot 12 jare in P.J Olivier waar ek dink die aanvanklike saadjie gesaai is tot en met waar ek nou is met my kunspraktyk. My droom bly steeds om my kuns op n meer voltydse basis te kan doen, maar weens die finansiele druk van n familie en kinders grootmaak, moet ek baie gedissiplineerd lewe om alles op n manier te kan manage. Ek dink nog steeds dat n mens behoort te strewe daarna om jou kunspraktyk op n meer voltydse basis te probeer doen, as mens enigsins kan.

Wat my teaching career aanbetref, het baie mense al te kenne gegee dat om te lecture of te teach al die krag en energie uit mens neem sodat daar niks meer energie oor is vir kreatiwiteit nie… Ek ervaar dit egter nie heeltemal so (behalwe nou vir sekere aspekte van teaching op sekondere vlak soos merkwerk en rapporte skryf!!) nie, maar ek vind dat van my talentvolle kinders in van my Matriek klasse dikwels n baie positiewe effek het op my eie kunspraktyk en denke asook die navorsings aspek wat deel was van my M-graad en nou blyk deel te wees van n moontlike en hoopvolle PhD studie in die tekenkunste. Dis asof die kennis wat mens win in jou spesifieke studieveld, jou praktyk van teken definitief verryk en beinvloed en nie, voel ek “restrictive” is of jou in n “spesfieke boksie” plaas nie, maar eerder verdere moontlikhede na vore bring. Hierdie hele proses is waarin ek dink, ek altyd betrokke wil wees en ek stel huidiglik belang in die “subliminal and transformative aspects of suggestive drawing trace” wat ek huidiglik navors en oor lees vir my hoopvolle toekomstige PhD studie.”

Die werke van PJO oud-student Marieke Kruger is onlangs bekroon deurdat sy die tweede prys gedeel het in die Internasionale Celeste Kunsprys in die Skilder en Teken kategorie in Milan. Nadat sy haar MA in Skone Kunste in 2014 by die Universiteit van Stellenbosch voltooi het, beplan sy nou haar Doktorsgraad aan UNISA. Sy is nie net ‘n suksesvolle kunstenaar en akademikus nie, maar is ook ‘n onderwyseres in drukkuns en teken by die Jack Meyer Kunssentrum in die Paarl waar sy woonagtig is. Sy lewer ook ‘n verdere bydrae tot haar onmiddellike gemeenskap deur haar betrokkenheid by die Vryheid Drakenstein Korreksionele Fasiliteit waar sy kunsprojekte met geselekteerde gevangenes, met die oog op loopbaanontwikkeling, fasiliteer. Kyk op http://mariekekruger.com/ vir meer omtrent Marieke se loopbaan. https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20161126/282381219150377

Me-in-London