EISTEDDFOD 2016

Die Kunssentrum PJ Olivier het hierdie jaar met 72 inskrywings deelgeneem aan die Stellenbosch Kunswedstryd. Ons leerders het 11 medaljes ontvang vir die hoogste prestasie in hul onderskeie afdelings. Spesiale erkenning is gegee aan twee van ons oud-leerders van 2015, Jana Visser en Lara Posthumus, wie onderskeidelik die SANAVA toekenning vir Visuele Kuns en Ontwerp ontvang het. Geselekteerde leerders se kunswerke is op ‘n uitstalling by die Oude Libertas Ouditorium vertoon en ‘n toekenningseremonie is die aand van die opening van die uitstalling op 17 Mei gehou. Sien http://stellenboschkunswedstryd.co.za/ vir meer inligting omtrent die Stellenbosch Kunswedstryd wat sedert 1936 bestaan.

Eistedford Jana Visser – SANAVA prys vir Visuele Kuns

Eistedford1
‘n Groep van die medalje-pryswenners by die toekenningsaand in Stellenbosch.

Eistedford2 Lara Posthumus – SANAVA prys vir Ontwerp