Ons stel graag bekend, ‘n nuwe en opwindende toevoeging tot die PJ Olivier Kunssentrum in Stellenbosch, die PJO JEUGKOOR!
Onder leiding van Rina Goldberg, dien die koor gemeenskappe van die Boland-, Wynland en Helderberg areas. Leerders vanaf graad 8 tot 12 asook studente en jongmense tot en met 25 jarige ouderdom is welkom om te registreer vir die oudisies wat plaasvind in Desember en Januarie.
Vir meer inligting of om te registreer, kontak Marzé Botha by 082 847 1022 or stuur ’n epos aan marketing@pjolivier.co.za